Skaap afdeling

van die hoef tot die tafel

Ons bied jaarliks die gewilde slaglamkompetisie aan waartydens die lammers die Maandag voor die skou ingeneem en deur twee beoordelaars op die hoef beoordeel word. Hierdie is 'n baie leersame proses en word deur deelnemers en publiek bygewoon en met 'n lekker worsbraai afgesluit.

Hierna word lammers deur Robertson Abbatoir opgelaai, geslag en verkoel om dan deur 'n SAMIC inpekteur beoordeel te word op dieselfde standaarde wat alle slaglamkompetisies regdeur die land gebruik. Wenners word in verskeie groepe of enkelkarkasafdelings aangewys.

Dieselfde karkasse word Donderdagaand uitgestal en op 'n baie deftige geleentheid opgeveil aan die publiek ten bate van die Landbougenootskap en welsynsprojekte van die jaar byvoorbeeld die plaaslike ouetehuis.

In die uitstalarena was goeie vleispryse die inspirasie vir die bekendstelling van 'n nuwe selfvoerder  prototipe wat op die 2018 skou vertoon is. Groot belangstelling is gaande gemaak en bestellings het daartoe gelei dat 'n groter 50meter model nou kommersieel gebou word. Die kleiner 12meter model is nou vervoerbaar en 'n sonkragaangedrewe model is vrygestel. Beide modelle is selfooninteraktief met verslae van elke outomatiese voeding en word gebou deur Automationworks op Swellendam.

Kontak JG Du Toit, by 082 658 3438 of epos:jgdt@ovk.co.za